top of page
Car 1 Cropped 1 small.jpeg

Season 9 - Aired 2016

Episode 1

Safari 4x4 Roetes bou hierdie jaar met hul 9de Reeks op laasjaar se sukses deur op Safari te gaan. Andre de Villiers, 4x4 spesialis gaan die kykers wys hoe om 4x4 te ry in moeilike terreine en ook meer konsentreer in Suid Afrika met sy unieke terreine. Wanneer jy op Safari gaan is dit belangrik om nooit alleen te ry nie, want as daar iets gebeur en jy is baie ver van die naaste dorp, mag jy dalk in groot moeilikheid beland. Dus besluit Andre om weer ‘n spesiale gas saam te neem op Safari in hierdie reeks. Die keuse was baie maklik, want Petri de Wet het hom baie goed van sy taak gekweit in die laaste reeks. Ek sal hom egter moet laat visvang anders gaan hy my dalk net moeilikheid gee. Andre sal dus vir Petri na die viswaters moet neem, maar ons gaan die moeilike 4x4 Roetes aandurf en hom die fynere kunsies leer van 4x4 en hopelik gaan Petri vir Andre die fynere kunsies van visvang leer.

Alvorens Petri saam op Safari kan gaan, moet Andre eers gaan kyk of hy sy nuwe voertuig, die Amarok handrat kan bestuur oor erge hindernisse en weet waar trap die wiele. Ons gaan saam na Rust de Winter 4x4 Bundu Roete net Noord van Pretoria waar Petri behoorlik getoets word en sy senuwees gereeld op hol gejaag word met die moeilike en intemederende hindernisse. Andre en Petri kamp bo op die berg en toets al die toerusting. Petri gee vir Andre n geskenk wat ‚n besonderse braai is met Safari 4x4 Roetes se naam op. Na die lekker braai geniet hulle ‚n nagrus voor die groot dag aanbreek. Na ontbyt vat Andre vir Petri na die bekende Superman hindernis. Petri kan nie glo dat Andre hom vra om Superman uit te ry nie. Andre wys eers vir Petri hoe om dit te doen. Andre ry die hindernis met gemak uit en nou is dit Petri se beurt, maar om dit te kan sien sal julle moet wag tot die volgende episode.

Episode 2

Hierdie week kuier ons nog by Rust de Winter alvorens ons die lang pad aanpak na die Weskus.

Na ons nag se kamp op die berg neem ek Petri na die gevreesde Superman hindernis. Hier wys ek hom eers hoe om dit te doen en ry die hindernis myself uit. Daarna is dit sy beurt, maar die senuwees is gedaan! Hy begin baie goed en kry sy momentum baie mooi reg, maar daarna maak hy ‚n groot fout en draai te vinnig in. Dit beteken dat die agterwiele nie op die rotslysie loop waar hulle moet nie en gly af. Petri hou baie mooi kop en gee meer petrol sowel as draai die stuur soos ek hom geleer het. Wonderbaarlik kom die voertuig daar uit met sy gesofistikeerde elektroniese stelsels en sy voorste Elektroniese ewenaarslot wat inskakel. Na hierdie senutergende hindernis ry ons die berg af en beplan vir die volgende eerste Safari van hierdie reeks. Ons besluit om na Weskus te gaan en durf die lang pad aan tot naby Redelinghuys waar ons oornag by Klein Tafelberg 4x4 roete.

Die volgende oggend is ons vroeg uit die vere en na ‚n ontbyt pak ons die sandhindernisse aan. Hier kry ons die gevoel van momentum en oorkruisgate en doop dit melkskommels. Ons vat die pad verder nadat ek die sleepwa aangehaak het en ry noordwaarts tot by die kus waar ons die gids Gustav ontmoet.

Gustav het sommer so met die intree slag vir my ‚n uitdagende hindernis gegee met die sleepwa. Ons almal kom hom veilig uit tot bo en ons ry tot by ons kampplek vir die aand. Ons slaan kamp op by Strandfontein, reg langs die see op mooi groen grasperke. Ons geniet ‚n pragtige sons ondergang waarna Gustav vir ons ‚n lekker Weskus ete voorberei voordat ons ons kop neerle vir die aand.

Episode 3

Ons ry die eerste Safari en ek vat Petri op Safari al langs die Weskus op. Ons het gevorder tot by Strandfontein waar ons kamp opgeslaan het. Hier braai ons gids Gustav vir ons ‚n tipiese Weskus aandete, kompleet met snoek, vars gebakte brood en pattat.

Ons staan die volgende oggend op met pragtige sonskyn windstil weer. Terwyl ons eet kyk ons uit oor die see terwyl die branders jou daardie kalm gevoel gee. Na ‚n heerlike ontbyt pak ons op en ry noordwaarts al langs die Weskus op.

Die terrein verander kort kort van grond na sand en dan weer klip. Gustav die gids stop voor ‚n hindernis en ons moet eers gaan loop om die hindernis se gevare te bestudeer. Daarna ry Gustav die hindernis en ek volg met die sleepwa deur die nou gangetjie en oor die rotsklim, nadat ek ‚n wye draai moes maak. Petri kom ook suksesvol deur.

Dis wonderlik om hier al langs die Weskus te ry en die pragtige natuur te bewonder en tersefdertyd die vars seelug in te asem. Die diep blou see le rustig daar en wag vir die volgende storm. Ons ry al langs die hoogwater merk en moet soms binneland toe draai op graondpaaie en dan weer afwaarts na die see.

Ek sit lekker en slaap agter die stuur en val vas met my sleepwa in die dik sand, maar ook grotendeels omdat my bande te styf gepomp is vir die klippe en harde grondpad. Ek blaas die Goodyear bande af en dan ry ons sommer maklik deur die sand.

Die middag laat stop Gustav by ‚n pragtige baaitjie waar ons kamp opslaan, daarna die vure aansteek en rustig sit en uitkyk oor die sse. Na ‚n heerlike aandete klim ons in die bed vir ‚n verdiende nagrus.

Ons staan die volgende oggend op in ‚n vars seelug wat weer ‚n mooi dag beloof om te wees. Ons vat sommer vinnig die pad en stop om eers delwers te speel. Ja ons kyk of ons nie ‚n ou groot diamant kan uitgrawe nie. Die was onsuksesvol en ons ry verder teen die Weskus op net om ‚n kleint entjie verder weer te gaan vasval met stywe bande. Ek grawe myself uit en blaas die Goodyear bande af na 0,8 bar vir beter traksie, daarna kom ek maklik uit die sand. Volgende week gaan ons Kreef duik!

Episode 4

Ons is op ons laaste gedeelte van die Weskus roete en het sommer lekker gekamp reg langs die see. Petri maak weer ‚n lekker ontbyt wat ons nodig het vir die koue Weskus water wat ons gaan aandurf, want sekerlik moet ons ‚n Kreef gaan duik vir aandete. Ons kan mos nie die Weskus verlaat sonder ‚n kreefbraai nie!

Nadat ons die duikpakke aangetrek het, het ons die koue water in ons Ooskus pakkies aangedurf. Petri was soos ‚n vis in die water en dit was nie lank alvorens ons ‚n paar pragtige krewe uitgeduik het nie. Met baie opgewondenheid oor die krewe vir aandete vat ons die 2 spoor sandpaaidjie verder Noord. Kort kort vat die pad ons binneland se kant toe en ons kom net voor sonsondergang by ons laaste kampplek aan, weer reg langs die see. Nadat ons kamp opgeslaan het, begin die vuur al te brand en berei Gustav vir ons die krewe voor. Die krewe lyk darem maar lekker so op die kole en hulle word laastens bietjie knoffelbotter gegee. Daarna eet ons ons vingers af aan die delikatesse!

Na ‚n heerlike aand se kuier kruip ons vir oulaas in terwyl ons die see duidelik langs ons hoor en die vars seelug inasem.

Die volgende oggend ry ons verder Noord tot by Daberas teen die Oranjerivier, net anderkant Augrabies en kom net voor donker daar aan.

Ons kuier lekker in die NoordKaap saam met Kobus die eienaar van Daberas 4x4 Roete.

Die volgende dag ry ons ‚n gedeelte van sy Roete om by die Oranjerivier uit te kom sodat Petri ‚n lyntjie kan natmaak.

Die Roete bied ‚n verskeidenheid van hindernisse en ek bak eers vir Petri ‚n poets en gaan wys hom die beloofde land vanaf die uitkyk punt wat ‚n groot draai was oppad na die water waar hy so graag wil uitkom.

Ons ry die berg af en trotseer ‚n paar hindernisse tot by die Oranjerivier, waar ons vinnig kamp opslaan, sodat Petri kan gaan visvang. Hy word beloon met ‚n hele paar Geelvisse alvorens die son sy laaste strale gooi.

Episode 5

Ons kamp reg langs die Oranjerivier by Daberas se 4x4 Roete op ‚n pragtige ongerepte stukkie NoordKaap. Na ‚n heerlike nagrus in die stilte en met vars lug wat ons inasem, maak Petri vir ons ‚n lekker ontbyt vir die lang 4x4 dag wat voorlê. Daarna pak ons die 4x4 roete aan na die volgende watergat vir Petri, maar ons gaan maak eers ‚n draai by die Sanduine.

Na ‚n bietjie reën in die Noord Kaap groei die gras welig en lyk baie mooi op die rooi duineveld. Ons ry ‚n hele paar interresante Hindernisse en kom ook by ‚n glyduin aan. Hier brand Petri se voete letterlik aangesien die buite temperatuur diep in die veertig grade is en sy skoene is nie gemaak vir die sand nie.

Ek ry eerste teen die duin af met die sleepwa en wys vir Petri die regte lyn onder in die sloot. Dis ‚n baie moeilike hindernis en die sleepwa stoot my van agter, maar ek hou kop en die voertuig se voorwiel tel hoog die lug in. Die Seikel suspensie doen sy werk en word behoorlik getoets en ons kom maklik deur die hindernis.

Daarna vorder ons tot by, n sand speelarea en ry/ speel al te lekker op die sand. Die voertuie gedra hulle baie goed en na vele sand hindernisse vat ek die pad na die water, want Petri raak bekommerd dat die donker ons gaan inhaal.

Ek ry af in ‚n rivierloop wat baie nou is, maar prentjie mooi. Daarna kom ons by die Oranje rivier aan en kies vir ons ‚n oop stukkie sand. Die berge is ongelooflik mooi in die area. Petri slaan met ‚n spoed sy kamp op, want hy wil by die water uitkom.

Dit was nie lank nie alvorens hy vas is met ‚n mooi groot Geelvis nie. Terwyl hy spook met die visse maak ek solank die kampvuur en berei aandete voor.

Ons kuier die aand baie lekker om die kampvuur onder die sterre nadat ek vir hom ‚n sappige stukkie biefstuk gemaak het.

Episode 6

Ons verken die Daberas gebied in die Noord Kaap en het vir oulaas langs die Oranjerivier geslaap. Petri het vroegoggend opgestaan en sy lyne gaan natmaak.

Na ‚n heerlike ontbyt vertrek ons en laat die kampterrein met ‚n seer hart agter. Dit was nie lank alvorens ons ‚n baie nou area teegekom het nie. Die stukkie pad wat ons mens masjien verhouding behoorlik getoets het was ook lekker senutergend met sy skerp draaie. Daarna was daar ‚n baie tegniese stukkie pad en André val amper vas met sy sleepwa nadat hy nie mooi gefokus was nie. Albei kom sonder skrape deur die moeilike hindernis en ry verder.

Die pad raak nou klipperig en ons begin die berge te klim. ?N Hele paar klein en interresante hindernisse word baas geraak.

André raak mak en ry ‚n hindernis sonder om hom te loop en daar val die voertuig en sleepwa vas. André probeer weer en besef dat die hindernis nie aangepak kan word sonder om hom te loop nie. Nadat die hindernis bestudeer is word daar klippe gepak om die grondvryhoogte te verbeter. Daarna ry André en Petri die hindernis baie maklik uit.

André besluit om Petri die Augrabiese watervalle te gaan wys en kamp vir oulaas in die Noord Kaap onder die sterre. Die keer in ‚n kampterrein van die Augrabiese Nasionale park. Ons kuier lekker daardie aand om die kampvuur en besluit waarheen ons volgende Safari gaan wees!

Episode 7

Ons is terug in Pretoria na ‚n heerlike Noordkaap Safari en gaan maak ‚n draai by Boma Vleismark vir die aankoop van kos vir die volgende Safari. Die keer gaan pak ons al die grondpaaie vanaf Pretoria tot by die mees suidelikste punt van Afrika.

Ons blaas die bande af net buite Pretoria vir al die grondpaaie en kies koers in ‚n suidelike rigting. Na ongeveer 200km kom ons by Lekoa Lodge aan waar ons gaan oornag en waar Petri sy lyne kan natmaak. Ons gaan ry die 4x4 roete al langs die Waterval rivier en kruis die rivier oppad na die visvang plek. Petri is op sy gelukkigste langs die water met sy visstok in sy hand. Hy word darem beloon met ?n vissie.

Daarna gaan kamp ons en maak ‚n heerlike aandete en kruip vroeg in die bed. Die volgende oggend word ons begroet met digte mis wat hang oor die vlaktes. Na ?n heerlike ontbyt haak ons weer die sleepwa en vat die grondpad verder. Ons ry weer deur pragtige plekke en mooi landerye. Met ons aankoms by Koranna Getaway word ons hartlik gegroet en kies dadelik die pad na die berg sodat ons die sonsondergang kan sien. Ons kry egter ‚n hele paar interresante hindernisse op die nou paaidjie tot bo-op die berg.

 

Episode 8

Ek en Petri ry Koranna Getaway se roete wat ons vat tot bo op Koranaberg. Dis ‚n baie steil paaidjie met moeilike hindernisse en kort kort moet ons stop en eers die hindernis bestudeer vir gevare.

Ons het ‚n GPS verwysingspunt gekry van die eienaar en daar is glo ‚n verassing vir ons. Ons stap op ‚n pragtige paaidjie daarheen en verby ‚n waterval. Daar aangekom het hulle vir ons piekniek gemaak in die bos met ‚n paar lekker verversings en koeldrank.

Terug op die roete pak ons die moeilike hindernisse verder aan en ry ‚n hindernis met die naam „Benoude Boude“. Petri maak ook die hindernis tot bo. Daarna vorder ons al hoe verder die berg uit, maar Petri is baie senuagtig en het lanklaas sulke moeilike hindernisse gery. Uiteindelik is ons by die laaste hindernis met los klippe en vorder tot bo op die berg. Daar word ons beloon met ‚n pragtige uitsig oor die Oos Vrystaat.

Daarna is dit die berg af in die donker. Hindernisse in die nag is baie moeiliker as in die dag en ons vorder maar stadig tot onder. Gelukkig kom ons in een stuk aan en sonder enige probleme. Daarna slaan ons kamp op in die donker en maak ek vir ons ‚n lekker welverdiende aandete.

Ons kruip laataand eers in die bed en slaap lekker warm in ons tente. Die volgende oggend eet ons die oorblyfsels van die krummelpap vir ontbyt en vat die grond pad verder.

 

Episode 9

Ons ry die grondpad al hoe verder Suid en ry al langs die Lesotho grens af tot in die Oos Kaap. Daar slaan ons kamp op in die donker om die volgende oggend in ?n sprokiesland wakker te word!

Ons pak op en ry verder waar Petri sy eerste Forel vang. Daarna haak ons die sleepwa by die volgende oornag kamp af en gaan ry ?n 4x4 roete wat die outydse verbindingspad was. Ons kruis ?n hele klomp riviere en kleiner hindernisse alvorens ons piekniek hou onder die skaduwee.

Daarna trotseer ons nog ?n rivierkruising en dan die berg op. Hier skyn die son direk in ons oë en maak dit die baie nou paadjie nog moeiliker. Hier moet jy konsentreer om nie van die berg af te gly nie en daar maak Petri ?n fout en gly amper die berg af! Ek gaan sit hand by en ons pak klippe en kry hom darem suksesvol weer terug op die pad! Nou gaan loop ons die res van die berg om nie weer so ?n fout te maak nie.

Die berg raak al hoe moeiliker hoe nader ons aan die kruin kom. Ons besoek ook ?n groot en geskiedkundige grot. Die donker oorval ons amper en ons kies koers na die kamp terrein waar ons lekker braai om die kampvuur op ?n baie koue aand. Ons gaan kruip vroeg in die bed om weg te kom van die koue. Die volgende oggend staan ons laat op, want alles is ge-ys en moet eers ontdooi word! Na ontbyt ry ons sowat 80 kilometer grondpad na ons volgende kamp en Forel waters sodat Petri ?n Forel kan gaan vang.

 

Episode 11

Ons ry gronpad al die pad tot by Kaap Agulhas en vorder tot in die OosKaap. Ek vat die grondpad oor die Katberg, maar kom op ‘n doodloop uit waar die bome die pad oorgeneem het. Ons kan nie daar deur nie en moes ‘n ompad kry wat ons sowat 2 ure terugsit. Ons kry ?n ander mooi pad en vorder goed tot by Blomfontein wat net anderkant Cradock gelee is, maar kom eers diep in die nag daar aan. Ons besluit om nie kamp op te slaan nie en slaap in die gastehuis. Ons besluit om Blomfontein se 4x4 bergroete te gaan ry en vat die grondpad daarheen. Die bergroete is baie steil met ‘n paar uitdagende hindernisse. Ons stop by die eerste moeilike een en beplan die lyn en ratkeuse om te ry. Die uitsig is ook baie mooi van daar as jy terug kyk in die kloof af.

Daarna kry ons nog ‘n hindernis wat geloop moet word tot ons bo-op die berg kom met ‘n asemrowende uitsig. Daarna die baie nou bergpaadjie af teen die berg. Ons kry ook ‘n verspoelde area met ‘n groot erosiesloot wat gekruis moet word. Daarna ry ons terug na die kamp terwyl die weer opsteek.

Ons steek vining twee vure aan vir die lekekr kos wat ek vir Petri gaan maak. Daarna moet ons skuiling soek onder die sleepwa se tent, want dit het begin reen.

Ek maak vir Petri ‘n lekker Gemsbok fillet toegedraai in foelie asook ‘n sy gunsteling knoffelbrood met 4 kase in. Ons smul lekker aan die kos in die unieke kampterrein met sy ossewaens.

Die volgende oggend vat ons die pad verder suidwaarts na Kaap Agulhas.

 

Episode 12

Ons ry grondpad al die pad vanaf Pretoria tot die mees suidelikste punt van Afrika, genaamd Kaap Agulhas. Ons vorder tot anderkant Cradock waar ons die berge uitgery het by Blomfontein en daarna om die kampuur in die unieke kampterrein gaan ontspan het. Die reën het ons onder die sterre uit gejaag en moes ons noodgedwonge skuiling soek onder die tent. Natacha van Blomfontein het ons kom bederf met lekker poeding.

Ons is die volgende oggend vroeg aan die gang en ry via Addo na Patensie aan die begin van die Baviaans waar ons die sleepwa by Gonjah 4x4 roete afgehaak het. Ons is die berg uit en het ‘n paar interresante hindernisse tee gekom tot waar ons van bo-op die berg ‘n pragtige uitsig gekry het. Die donker het ons ingehaal en ons slaan kamp op onder die sterre.

Die volgende oggend is ons weer vroeg uit die vere want vandag ry ons deur Baviaans, maar Petri wil eers ‘n vissie vang. Uiteindelik kom ons by ‘n groot poel water aan en Petri spring dadelik aan die werk en vang sommer gou gou ‘n grote. Daarna kon ek hom nie wegkry van die water nie en het hy eers donker opgepak. Nou moet ons 40 kilometer deur die Baviaans ry in die donker wat baie stadig gaan. Ons sien ‘n paar interresante voels en diere en kruis baie water. Ons ry ook deur ‘n baie lang waterkruising.

Ons kry ook ‘n paar Buffels op die pad en maak dit uiteindelik tot by Doringkloof se kampterrein waar ek vir Petri lekker aandete voor berei. Ons gaan kruip in die bed vir ‘n welverdiende nagrus.

 

Episode 13

In hierdie laaste Episode van Safari 4x4 Roetes se grondpad al die pad vanaf Pretoria tot by Kaap Agulhas ry ons in Baviaanskloof die Doringkloof 4x4 roete.

Ons klim die berg uit in Laebestek met 1,5 bar bande en moet stop waar daar groot gevaar is. Ons loop eers die hindernis en besluit to om tog wydsbeen oor die sloot te ry. Gelukkig is die voertuie breed en ons kom sonder skade deur die hindernis. Die hele bergpad is ?n hindernis en ons kruip hom stadig uit.

By moeilike hindernisse stop ons en bestudeer eers die hindernis vir gevare, so kry ons weer ?n baie skuins sy helling hindenis wat ons moet trotseer. Daarna verder die berg uit tot bo waar ons ?n pragtige uitsig het. Ons draai om en ry die berg vinnig af terwyl die reën opbou agter ons. Petri wil nog ?n vissie gaan vang.

Die reën haal ons in en moes noodgedwonge onder die sleepwa se tent braai, maar ek gee vir Petri weer van sy gunsteling knoffelbrood. Daarna gaan kruip ek in en Petri gaan vang vis in die donker. Hy kry ?n groot baber aan die hoek en bring hom kant toe.

Die volgende oggend is ons vroeg op en ry die laaste grondpad al die pad tot by Kaap Agulhas, maar nie voordat ons eers oor die Malgas Pont gegaan het nie. Hier het ons mekaar aangespoor terwyl ons self die punt getrek het.

Daarna die laaste stukkie grond tot by die teerpad waar ons vir die eerste keer weer uit 4x4 skakeling gaan na ongeveer 2000km deur Suid Afrika. Ons kom net voor sonsonder by die eindpunt, Kaap Agulhas aan.

Daar groet ons mekaar tot 'n volgende keer!

Contact Details of Routes
bottom of page