top of page
andre de villiers met sy amarok 4x4 met andre
4x4 met andre logo

4X4 met André

Met die bekende 4x4 spesialis, André de Villiers, wat meer as 'n miljoen kilometer se 4x4 paaie al gery het aan die stuur, klop ons aan by André met sy jare lange ondervinding as 4x4 instrukteur, ervare Safari gids en voertuig ontwikkelings ingenieur. André wys die kykers hoe om nie net die beste uit hul 4x4 voertuig te kry nie, maar wys ook die kyker hoe ‘n 4x4 toegerus kan word wanneer hulle wel die lang stowwerige paaie aandurf en gaan kamp.


Volg ons sosiale media vir meer inligting oor Seisoen 2 wat op 2 Oktober 2023 afskop.

Seisoen 2 vertoon Maandae om 21:30 op kykNET kanaal 144!

Seisoen 1 is beskikbaar op  Showmax .

Seisoen 2 begin 2 Oktober!

Hier is 'n voorsmakie van al die pragtige plekke wat besoek is tydens die verfilming van Seisoen 2, wat eersdaags op kykNET verskyn.

Seisoen 1

Baobab southern africa

Episode 1

Dié reeks begin met André de Villiers wat die opwindende Safari afskop saam met 4x4 legende Johan Kriel. Kom kyk saam hoe hulle die Noordelike deel van ons pragtige land, Suid Afrika, besoek.

Soutpansberg

Episode 2

André en Johan toer op in die Soutpansbergreeks, ontdek en deel die geheimenisse van hierdie kosbare skat in ons eie land.

lizard in southern africa

Episode 3

Kom kyk wat ontdek ons hierdie week in ons kort toer deur die Soutpansansbergreeks en watter 4x4 hindernisse ons moet trotseer tydens hierdie onvergeetlike toer.

Fundudzimeer

Episode 4

André se 4x4 roetes bring hom hierdie keer deur 'n tonnel tot by die heilige Fundudzimeer en 'n woud wat jy slegs met die nodige toestemming - en die regte voertuig - te siene kan kry. Ons ry draaie in 'n Pierneef-skildery en probeer verstaan wat op die voorblad van die sandkoerant staan.

Ou venda gebeid

Episode 5

André volg die Toer van Legendes in die ou Venda-gebied. Hy moet mooi kyk waar hy ry, en mooi luister om tussen plaaslike mites en feit te onderskei. Na 'n besoek aan die Thate Vondo-woud seil hulle af met die Mambas-pas, tot by 'n kampterrein naby versteekte poele wat ons net met 'n 4x4 roete kan bereik.

trapsuutjies wildlife on tour

Episode 6

Ons trapsuutjies oor 4x4 hindernisse deur 'n gedeelte van die Bosveld wat MIN ooit beleef. Ons is in die Nwanedi-omgewing, waar rooi sand soos die van die Namib net die sterkste vasbyterplante toelaat. Ons was ons hande met Duiwelsdoring, en besoek die grootste ou knewel van 'n boom wat ek in my lewe gewaar het.

veldgids 4x4

Episode 7

André de Villiers vertrek verder in die reeks met die gesoute veldrygids, Johan Kriek, op sy gewilde BunduTec-safari. Dis nie uitsluitlik 'n boservaring nie. Hulle kry ook unieke en nuwe insigte tydens 'n besoek aan 'n afgeleë Pedi-kultuurnedersetting, voor hulle die noordelike Drakensberg-eskarpement op die viertrek-manier aandurf.

4x4 convoy

Episode 8

André en die konvooi moet ruigtes oopkap om verder te kan ry op pad na die hoogliggende Mafefe 4x4-kamp. Dis geleë op die Afrika-ivoorroete en geskoei op die Pedi-kultuur.

wolkberg wildernis

Episode 9

André de Villiers word op 'n roete tot teenaan die Wolkberg-wildernis van die Lekgalameetse-reservaat begelei. Hy verken die groen gebied voor hulle begin sak van bo in die Bosveld tot in die Laeveld.

4x4 river paul kruger

Episode 10

Die 4x4 roete wat André de Villiers tans volg bring hom tot by 'n geskiedkundige dorpie van die goudstormloop vol groot stories van eertydse kroeë, posboom-kremetarte en Paul Kruger. 'n Veldgids sluit ook by ons aan wat ons meer leer van die geheime van die veld.

Klein letabarivier

Episode 11

In die episode se 4x4 avontuur loop deur die droeë loop van die Klein-Letabarivier en lei tot 'n besoek aan Soutini waar sout nog op 'n ou tradisionele manier ontgin word. 

Botswana

Episode 12

Liedjie skrywer en musikant Ruan Jordaan is ons spesiale gas vir die laaste deel van die reeks en hy vergesel ons na Botswana waar ons die Thuli Blok besoek.

botswana campfire songs

Episode 13

André de Villiers sluit die reeks af op 'n hoogtepunt in Botswana en Ruan Jordaan verras ons om die kampvuur met 'n liedjie wat hy vir ons geskryf het.

bottom of page