andre_4x4
Andre 4x4
André presents the popular kykNET television series Safari 4x4 Roetes

André presents the popular kykNET

television series Safari 4x4 Roetes

Sand Dunes

Sand Dunes Safari with Andre de Villiers

Sand Dunes Safari with Andre de Villiers

Safari 4x4 Roetes se Sandry wenke

Agtergrond:

Sanderige terrein is baie los en bied min tot geen traksie vir voertuie. As gevolg van die lae traksie moet daar ‚n paar beginsels verstaan word.

 

Wenke:

  • Hoe minder die traksie hoe meer die momentum.
  • Egalige momentum speel ‚n baie belangrike rol in sandry.
  • Stuur insette so min as moontlik, maw al 4 die wiel moet in een rigting werk.
  • Indien jy vasval in sand moet jy klein entjies vorentoe en agtertoe ry in laebestek totdat jy ‚n lang genoeg spoor getrap het wat vas is en jou dan genoeg momentum gee om oor die walletjie voor die wiele te ry.
  • Voertuie moet ook so lig as moontlik wees vir sandry, haal dus al die onnodige goed uit!
  • Die voertuig se wiele moet nie te vinnig draai (tol) terwyl die voertuig stadig beweeg nie, want dan grawe die voertuig net diepe. Daar moet ‘n balans wees tussen die voerutuig se voertentoe momentum en die tol van die wiele. Indien die wiele te vinnig tol, los die pedaal ‚n klein bietjie (nie heeltemal nie, daar moet krag op wiele bly) en die voertuig sal uit die sand “opstaan” soos ‚n boot wat plain. Hierdie is moeilike om te bemeester en moet geoefen word.
  • Agterste ewenaarslot kan gebruik word in reguit lyne of met opdraendes waar die sand baie los is. Onthou as jy wil draai met die agterste ewenaarslot gesluit sal die voertuig neig om nie te draai nie, of baie traag draai, maw jy gaan „understeer“ ondervind.  

 

Banddruk:

Omdat sand sag is trap die voertuig dieper spore in die sand en ry hy eintlik die hele tyd teen ‚n wal op. Die los sand maak ‚n wal voor die wiele wat diep spore trap en stoot hy sand soos ‚n stootskraper.Die voertuig moet dus verkieslik bo-op die sand loop soos ‚n boot wat eers moet „plain“ uit die water.

Bande speel dus ‚n geweldige belangrike rol en moet dus verkieslik so groot as moontlike oppervlak hê wat op die sand rus, maw sy traksie gedeelte. Derhalwe is banddruk ook belangrik en word bande afgeblaas vir sandry om ‚n groter voetprint patroon te kry sodat die afwaartse druk (massa) van die voertuig oor ‚n groter area versprei word. Hoe groter die area hoe ligter trap die bande en hoe beter is die traksie. Dus blaas ons bande af vir sandry werk tot so laag as 0,8 bar om ‘n beter flotasie te kry.

Die afgeblaasde bande laat die voertuig ligter loop bo-op die sand en rig ook minder skade aan en is dus meer ekologies vriendelik op die terrein.

 

Banddruk riglyn:

  • Teerpad druk: volgens vervaardiger se riglyne (byvoorbeeld 2 bar)
  • Grondpaaie: bande word afgeblaas tot 80% van teerpaddruk (1,6 bar)
  • 2 spoor paaie, klipperige terrein en hindernisse: bande word afgeblaas tot 60% van paddruk (1,2 tot1,3 bar)
  • Sandry werk en modder: bande word 50% afgeblaas van paddruk (1,0 bar)
  • Sanduine en los sand bokant laagwatermerk: 0,6 tot 0,8 bar

Waarskuwing: indien bande afgeblaas word onder 1,0 bar kan die bande maklik van die velling afklim indien daar skerp gedraai word teen hoë spoed.

 

Herwinningstoerusting:

  • Vat altyd die volgende saam:
  • Goeie banddrukmeter
  • Ordentlike kwaliteit bandpomp wat vanaf die battery werk.
  • Lugdomkrag want ‚n gewone domkrag sal jy in die sand indruk, of kry ‚n groot basis vir die gewone domkrag.
  • Graaf om jou uit die moeilikheid te grawe.

  

Saamgestel deur:

André de Villiers alias Andre4x4

www.andre4x4.co.za

+27 82 800 7743

andre@andre4x4.co.za

Oktober 2015

 

To tread lightly while enjoying driving on sand dunes, bear the following in mind:

  • In areas adjacent to sand dunes, travel on designated roads and trails.
  • Obey all speed limits. Reduce speed below 25 km per hour near campgrounds, campsites and people.
  • Dunes are constantly changing. Use stationary landmarks or a GPS to help you navigate.
  • Watch for ravines, depressions (witches eye) and steep drop offs (slipface and razorbacks) formed by blowing sand.
  • Use a spotter when jumping hills or dunes.
  • Scout areas before traveling at higher speeds.  
  • Reduce speed in blowing sand or whiteout conditions.
  • In coastal duning areas, watch for quicksand in low areas between dunes.          
  • Comply with all signs and respect barriers.
  • Buddy up with two or three riders, reducing vulnerability if you have an accident or breakdown.      
  • Designate meeting areas in case of separation.
  • Listening to headphones or ear buds can make it difficult to hear and communicate with other recreationists.
  • Don’t mix riding with alcohol or drugs.

Respect the rights of others

  • Respect the rights of others, including private property owners, all recreational trail users, campers and others so they can enjoy their recreational activities undisturbed.
  • Be considerate of others on the dunes.
  • Leave gates as you find them.
  • If crossing private property, be sure to ask permission from the landowner(s).
  • Do not idly ride around in camping, picnicking or residential areas.
  • Make no wake – slow down in “Courtesy Speed Zones” around crowds and camping areas.
  • Keep the noise down.

Educate yourself

Educate yourself prior to a trip by obtaining travel maps and regulations from public agencies, planning for your trip, taking recreation skills classes and knowing how to operate your equipment safely.

DIE AMAROK EXPERT
Die AMAROK EXPERT

Andrè besoek VW Handelaars in jou dorp. Om hom te ontmoet, saam te ry en te gesels oor 4x4 praatjies. Kontak jou handelaar direk vir n bespreking.

Read more
SAFARI 4X4 ROETES
Safari 4x4 Roetes

André de Villiers is welbekend in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy is die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op kykNET, se Reeks 11 gaan weer begin 2 April 2018 om 17:30 Kanaal: 144. Elke Maandag. Herhalings: Dinsdae: 11:00. Woensdae: 10:00, Donderdae: 16:30, Saterdae: 13:00, Sondae: 23:30.

Read more
4X4 TRAINING
4x4 Training

André recommends 4x4 driver training as an essential part of enjoying your 4x4 vehicle safely and optimally. Book training at André’s 4x4 Academy. E-mail to training@safari4x4roetes.co.za to Book your place now for the AMAROK EXPERT TRAINING with André de Villiers on 12 May 2018

Read more
ANDRé'S CALENDAR
André's Calendar

Find information on upcoming events and places where André 4x4 will be in action. See list of Volkswagen Dealers where you can meet Andrè.

Read more