GoodYear
André is besonder kieskeurig wanneer dit by die keuse van voertuig-bande kom.
Bande is die enigste item waardeur die krag van jou voertuig in aanraking kom met die padoppervlak. Hierdie oppervlak wissel na gelang van toestande soos reën en sneeu, en terreine soos grond, sand en modder, oor berge en dale.
Bande speel ‘n belangrike rol in ry-gerief, hantering, stabiliteit, brandstofverbruik en remafstande, beide in pad- en veldrysituasies. Verkeerde bande kan die totale werkverrigting van ‘n voertuig baie nadelig beïnvloed.
Dit is die rede waarom André reeds voordat hy ‘n borgskap van Goodyear ontvang het, Goodyear bande vir sy voertuie verkies het. André is baie tevrede met hierdie bande wat sy hele familie veilig op die pad hou.
Onthou:
Vir dieselfde buite diameter grootte sal die volgende van toepassing wees:
- Hoe kleiner die velling-grootte(rim size), hoe beter is die veldry prestasie.
- Hoe groter die velling-grootte(rim size), hoe beter is die prestasie op die pad.

Andrè besoek VW Handelaars in jou dorp. Om hom te ontmoet, saam te ry en te gesels oor 4x4 praatjies. Kontak jou handelaar direk vir 'n bespreking.
Read more
André de Villiers is welbekend in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy is die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op kykNET (kanaal 144). Reeks 13 herhaal nou weer Maandae 21:30 op kykNET & kie (kanaal 145). Heruitsendings is Vrydag 10:30, Saterdag 23:00 & Sondag 22:30.
Read more
André recommends 4x4 driver training as an essential part of enjoying your 4x4 vehicle safely and optimally. Book training at André’s 4x4 Academy. E-mail to training@safari4x4roetes.co.za to book your place now for the AMAROK EXPERT TRAINING with André de Villiers in 2020.
Read more
Find information on upcoming events and places where André 4x4 will be in action. See list of Volkswagen Dealers where you can meet Andrè.
Read more