andre_4x4
Andre 4x4
André presents the popular kykNET television series Safari 4x4 Roetes

André presents the popular kykNET

television series Safari 4x4 Roetes

Boma Vleismark

BOMA Vleismark Die Vleismark met ’n Verskil               

BOMA Vleismark is reeds die afgelope 22 jaar deel van die gemeenskap van inwoners, skole en kerke in die ooste van Pretoria. Met BOMA Vleismark se strewe na gehalte en diens, is hulle die afgelope tien jaar deur die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryf bekroon met vele Cleaver-toekennings, waarvan vier agtereenvolgende jare vir die beste Vleismark in die land.

BOMA Vleismark voorsien vleisprodukte van gehalte. Hulle bied alles vir die braai: van rypgemaakte biefstuk, 'n geurige verskeidenheid wors, sappige sosaties, knoffelbrood en voorbereide slaai, tot koeksisters en poeding. BOMA Vleismark is ook ’n trotse verskaffer van Karoolam.

'n BOMA is 'n bymekaarkomplek waar daar gekook en geëet word – dit is presies wat by BOMA Vleismark gebeur. By die Deli word klaargaar etes aangebied, gereed om tuis op te warm.

Sondae word warm wegneem-etes voorberei deur BOMA Vleismark se Deli, en in die winter is daar daagliks warm sop.

BOMA Vleismark het onlangs uitgebrei 'n deur Café BOMA in Moreleta Plaza te open. Met 'n trotse rekord van gehalteprodukte, kan kliënte nou smul aan lekkernye wat hulle reeds by BOMA Vleismark leer ken het.

Vir die gerief van hul kliënte het BOMA Vleismark pas 'n tak in die nuwe winkelsentrum Olympus Village in Olympusrylaan geopen. BOMA Biltong & Braai op die hoek van Jacqueline en Solomon Mahlangurylaan is 'n geriefswinkel vir die inwoners van Garsfontein.

BOMA Vleismark doen ook wildbewerking. Die inligting en pryslys is op die webwerf beskikbaar op die dienste-bladsy. Uniek aan BOMA Vleismark se webwerf, is dat dit volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar is.

BOMA Vleismark luister na hulle kliënte en ontwikkel deurlopend nuwe produkte en dienste om aan te pas by die veranderende lewenstyl en behoeftes van hul kliënte.

Vleisprodukte 

‘n Groot verskeidenheid vleisprodukte soos rypgemaakte biefstuk, geurige sosaties, ons eie bekende tradisionele boerewors, plaashoenders, ons eie reeks tuisgemaakte kouevleis, en al die gehalte vleisprodukte wat ons kliënte van ‘n eersteklas vleismark verwag.

Lamsvleis

BOMA Vleismark soek ver en wyd na die beste, geurigste lammers in Suid-Afrika. Die meeste van ons lammers word groot in die Noordkaap en Namibië. Die natuurlike weiding en sonskyn van die wye landskap dra by tot die gesogte gehalte lamsvleis van BOMA Vleismark.

Varkvleis

Varkvleis bevat baie min tussenspierse vet wanneer sigbare vet afgesny is – ‘n uitstekende verslankerskos!

Hoender

Die hoë gehalte vars hoenders word spesiaal vir BOMA Vleismark voorberei. Die koue ketting word noukeurig volgehou tot op BOMA Vleismark se rakke.

Kouevleis

Vir ons tuisgemaakte kouevleis met ons unieke resepte gebruik ons slegs die beste gehalte vleis. Vleisborde (platters) word op bestelling gemaak - enige grootte, keuse van vleis en prys.

Biltong en droëwors

BOMA Vleismark se verskeidenheid biltong en droëwors sluit ook gesondheidsprodukte in soos biltong en droëwors slegs gegeur met sout en peper en gesondheidsdroëwors met verminderde vet. Biltongmandjies vir geskenke word volgens ons kliënte se voorkeur en prys saamgestel. Bederf u familie en vriende met hierdie gesogte geskenk!

Spyseniersdiens

Bring gerus u eie houers en ons berei vir u geregte van u keuse voor – hoenderpastei, lamspastei, lasagne, bobotie, kerriepastei, wildspastei en lasagne. Platters: Ons berei skinkbordgeregte (platters) voor volgens u voorkeur. Vleisborde, soet en sout, of soet borde. Ons bak elke dag vars Quiche in ons Deli: spek en kaas; spinasie en feta; ham en sampioen; biltong en kaas. In die winter is daar elke dag 'n ander geur sop beskikbaar, soos groentesop, boontjie- of sampioensop.

Bakkery

Ons Deli bak elke dag vars broodrolletjies, Panini-broodjies, Italiaanse rolletjies, kaasmuffins, kaas-en spinasiemuffins en ons gewilde worsrolletjies.

Gaar Etes

Nuut: 'n Volledige ete met kerrielam of bees stroganoff, gegeurde rys en oondgebakte groente is nou daagliks beskikbaar as wegneem-ete. Gaar geregte, gereed om opgedien te word: lamsbredie, kerrielam, hoenderkerrie, hoender à la koning, hoenderpastei; lasagne; wildpastei en bobotie. Ook oondgebakte groente, koekstruif (trifle) en ‘n groot verskeidenheid voorbereide slaai.

Ander

BOMA Vleismark bied 'n verskeidenheid kaas, waaronder die bekende Poelkaas, Fetakaas, olywe, knoffelbrode, melk, botter en tuisgemaakte gemmerbier aan.

 

Adresse en kontakbesonderhede van die onderskeie winkels:

BOMA Vleismark

  • Hoek van Garsfontein- en Rubensteinrylaan
  • Moreletapark, Pretoria
  • Tel 012 998 8711
  • info@bomameat.co.za

BOMA Vleismark Olympus

  • Olympus Village, Olympuslaan
  • Tel 012 991 3022

 

 

BOMA Biltong & Braai

  • Eastdale Pavilion
  • Hoek van Jacqueline en Solomon Mahlangu
  • Garsfontein
  • Tel 012 993 1295

 

 

Cafè BOMA

  • Moreleta Plaza
  • Hoek van Garsfontein- en Rubensteinrylaan
  • Moreletapark
  • Tel 012 998 1617

 

 

 

 

BOMA Vleismark

22 Jaar van Gehalte en Diens

Trotse wenner van die
Cleavertoekenning: Goud
Higiëne | Gehalte | Diens | Waarde

www.bomameat.co.za

DIE AMAROK EXPERT
Die AMAROK EXPERT

Andrè besoek VW Handelaars in jou dorp. Om hom te ontmoet, saam te ry en te gesels oor 4x4 praatjies. Kontak jou handelaar direk vir n bespreking.

Read more
SAFARI 4X4 ROETES
Safari 4x4 Roetes

André de Villiers is welbekend in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy is die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op kykNET, se Reeks 11 gaan weer begin 2 April 2018 om 17:30 Kanaal: 144. Elke Maandag. Herhalings: Dinsdae: 11:00. Woensdae: 10:00, Donderdae: 16:30, Saterdae: 13:00, Sondae: 23:30.

Read more
4X4 TRAINING
4x4 Training

André recommends 4x4 driver training as an essential part of enjoying your 4x4 vehicle safely and optimally. Book training at André’s 4x4 Academy. E-mail to training@safari4x4roetes.co.za to Book your place now for the AMAROK EXPERT TRAINING with André de Villiers on 12 May 2018

Read more
ANDRé'S CALENDAR
André's Calendar

Find information on upcoming events and places where André 4x4 will be in action. See list of Volkswagen Dealers where you can meet Andrè.

Read more