andre_4x4
Andre 4x4
André presents the popular kykNET television series Safari 4x4 Roetes

André presents the popular kykNET

television series Safari 4x4 Roetes

André se Algemene Veldrywenke

Die hindernisse wat jy meestal  gaan teekom wanneer jy in die veld ry, is rotse, sand en modder, maar jy mag dalk ook riviere, duine, berge en sneeu moet trotseer.

  • Wanneer jy in die veld ry, is dit baie belangrik dat jy nooit vinnig ry nie. Ry altyd stadig wanneer jy meer krag gebruik en moet nooit op hindernisse afjaag nie.
  • Ondersoek eers altyd ‘n hindernis voordat jy  dit probeer oorsteek.
  • Maak altyd jou sitplekgordel vas (behalwe wanneer jy ‘n rivier oorsteek), aangesien ‘n ruwe terrein jou in jou sitplek kan rondskommel.
  • Dit is belangrik dat die druk van u 4X4-voertuig se bande reg is vir die spesifieke veldtoestand, so gaan die bandruk gereeld na.
  • Die banddruk van jou leë sleepwa moet verkieslik tussen 1.6 en 2-bar wees - afhangend van jou sleepwa se band grootte. Ek beveel aan dat jy die korrekte inligting van die handelaar kry en dit dan lamineer en in jou voertuig hou.
  • Probeer altyd jou voertuig so gerieflik as moontlik pak, want as jy kampeer, werk jy vanuit jou voertuig.
  • Hoe swaarder jou voertuig gelaai is, hoe groter is die kans dat die voertuig se veringstelsel beskadig kan word, die hanteringsgedrag word nadelig beinvloed, die brandstofverbruik is hoër en die waarskynlikheid is groter dat die voertuig kan vasval.
  • Die toerusting wat jy in die voertuig laai, moet ooreenstem met die verwagte terrein, die beskikbaarheid van hulp en die duur van die reis.
  • Reserwebrandstof  moenie binne-in die voertuig gelaai word nie, maar eerder op die dakrak, of elders buite die voertuig. ‘n Baie goeie opsie is om ‘n langafstandbrandstoftenk aan die voertuig te laat aanbring.
  • Indien  toerusting soos watertenks en jerry-kanne op die agterkant van jou sleepwa gepas is, moet jy dit verkieslik eers nader aan jou bestemming volmaak.
  • Dit is ook nie ‘n slegte idee om ‘n voorste sleephak op jou voertuig te laat aanbring  nie. Jy kan dan die sleepwa maklik rondskuif en afhaak.
  • Die vraag bly maar altyd: indien jy in ‘n moeilike situasie sou beland, weet jy hoe om dit te hanteer en hoe om jouself daar uit te kry? As jou antwoord hierop nie positief is nie, is dit wys om vir ‘n 4x4 bestuursopleidingskursus in te skryf. Ek beveel hierdie opleiding (deur ‘n professionele en betroubare persoon of instansie) aan omdat dit jou nie net met meer selfvertroue veldrysituasies sal laat aandurf nie, maar ook van lewensbelang vir jou en jou passasiers mag wees, indien jy in ‘n moeilike situasie sou beland
  • In afgeleë gebiede is dit raadsaam om altyd saam met ander voertuie te reis; daar is ‘n gesegde wat lui: “Reis alleen, sterf alleen!”

DIE AMAROK EXPERT
Die AMAROK EXPERT

Andrè besoek VW Handelaars in jou dorp. Om hom te ontmoet, saam te ry en te gesels oor 4x4 praatjies. Kontak jou handelaar direk vir n bespreking.

Read more
SAFARI 4X4 ROETES
Safari 4x4 Roetes

André de Villiers is welbekend in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy is die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op kykNET, se Reeks 11 gaan weer begin 2 April 2018 om 17:30 Kanaal: 144. Elke Maandag. Herhalings: Dinsdae: 11:00. Woensdae: 10:00, Donderdae: 16:30, Saterdae: 13:00, Sondae: 23:30.

Read more
4X4 TRAINING
4x4 Training

André recommends 4x4 driver training as an essential part of enjoying your 4x4 vehicle safely and optimally. Book training at André’s 4x4 Academy. E-mail to training@safari4x4roetes.co.za to Book your place now for the AMAROK EXPERT TRAINING with André de Villiers on 12 May 2018

Read more
ANDRé'S CALENDAR
André's Calendar

Find information on upcoming events and places where André 4x4 will be in action. See list of Volkswagen Dealers where you can meet Andrè.

Read more