andre_4x4
Andre 4x4
André presents the popular kykNET television series Safari 4x4 Roetes

André presents the popular kykNET

television series Safari 4x4 Roetes

4x4 Bestuurs Opleiding Kursusse

4x4 Opleiding. Basiese 4x4 Opleiding. Herwinning 4x4 Opleiding Andre de Villiers

4x4 Opleiding. Basiese 4x4 Opleiding. Herwinning 4x4 Opleiding Andre de Villiers

Vir navrae in verband met opleiding stuur n epos na: training@safari4x4roetes.co.za

Laai die Besprekings Vorm hier af, en stuur die voltooide vorm saam met die bewys van betaling terug na training@safari4x4roetes.co.za


 

Basiese of Beginners-4x4 Opleiding

  • Beginners-4x4 opleiding kan bygewoon word as deel van ‘n groep of  individueel (1 tot 1)
  • Hierdie kursusse word slegs aangebied in Pretoria.
  • Elke bestuurder ontvang ‘n opleidingshandleiding en ‘n sertifikaat na afloop van die kursus

Gedurende die eerste drie uur van die basiese opleidingsessie word daar op teoretiese opleiding gefokus. Nie alleen word baie interessante feitekennis ten opsigte van 4x4 voertuie en bestuurstegnieke  tydens hierdie kursus oorgedra nie, maar hierdie inligting is ook noodsaaklike inligting vir ‘n verantwoordelike 4x4 bestuurder.

Hierdie grondslagkennis sal jou toerus sodat jy kundig sal wees ten opsigte van die funksionering van jou 4x4 voertuig en presies sal weet hoe om die funksies van jou voertuig toe te pas. Tydens die opleiding sal jy onder andere ook basiese herwinningstegnieke, etiketprosedures, die gebruik van voertuigtoebehore, asook konvooi- en etiket-prosedures  aanleer.

Tydens die praktiese gedeelte van die opleiding word alles wat tydens die teorie-sessie geleer is, prakties aan kursusgangers gedemostreer. Kursusgangers kry dan ook die geleentheid om self, met die ondersteuning en onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde, bekwame 4x4 opleidingsdeskundige, praktiese ervaring van bestuur in veldry-toestande op te doen.

Kursusgangers word deur hierdie kursus toegerus om hul voertuie as verantwoordelike 4x4 bestuurders optimaal te benut en geniet, terwyl hulle hul passasiers veilig, en voertuie sonder skade, deur veldry-hindernisse neem. 

Gevorderde 4x4 Opleiding

  • Basiese opleiding moet voltooi word, alvorens ‘n gevorderde kursus gedoen kan word
  • Gevorderde opleiding word slegs aangebied  op ‘n individuele basis (1 tot 1)
  • Hierdie kursus word slegs in Pretoria aangebied
  • Elke bestuurder ontvang ‘n opleidingshandleiding en ‘n sertifikaat na afloop van die kursus

Die gevorderde opleidingskursus is hoofsaaklik gefokus op voertuigherwinning, en wat om te doen wanneer jy in daardie onbeplande moeilike veldry-situasie beland.

Korporatiewe  4x4 Opleiding

  • Andre4x4 bied 4x4 opleiding aan as ‘n “spanbou” sessie vir besighede
  • Kontak ons gerus indien jy meer  inligting verlang 
  • Meer inligting Link na Corporate days and events?

Andre4x4  beveel 4x4 bestuurdersopleiding aan omdat dit jou nie net met meer selfvertroue veldrysituasies sal laat aandurf nie, maar ook van lewensbelang vir jou en jou passasiers kan wees, indien jy in ‘n moeilike situasie sou beland.


Vir navrae in verband met opleiding stuur n epos na: training@safari4x4roetes.co.za

Laai die Besprekings Vorm hier af, en stuur die voltooide vorm saam met die bewys van betaling terug na training@safari4x4roetes.co.za


DIE AMAROK EXPERT
Die AMAROK EXPERT

Andrè besoek VW Handelaars in jou dorp. Om hom te ontmoet, saam te ry en te gesels oor 4x4 praatjies. Kontak jou handelaar direk vir n bespreking.

Read more
SAFARI 4X4 ROETES
Safari 4x4 Roetes

André de Villiers is welbekend in Suid-Afrikaanse 4x4- en veldry-kringe. Hy is die aanbieder van die gewilde Safari 4x4 Roetes op kykNET, se Reeks 11 gaan weer begin 2 April 2018 om 17:30 Kanaal: 144. Elke Maandag. Herhalings: Dinsdae: 11:00. Woensdae: 10:00, Donderdae: 16:30, Saterdae: 13:00, Sondae: 23:30.

Read more
4X4 TRAINING
4x4 Training

André recommends 4x4 driver training as an essential part of enjoying your 4x4 vehicle safely and optimally. Book training at André’s 4x4 Academy. E-mail to training@safari4x4roetes.co.za to Book your place now for the AMAROK EXPERT TRAINING with André de Villiers on 12 May 2018

Read more
ANDRé'S CALENDAR
André's Calendar

Find information on upcoming events and places where André 4x4 will be in action. See list of Volkswagen Dealers where you can meet Andrè.

Read more