andre_4x4
Andre 4x4
André presents the popular kykNET television series Safari 4x4 Roetes

André presents the popular kykNET

television series Safari 4x4 Roetes

Back to index

Motor-gymkhana op Mosselbaai

André de Villiers laat die passasiers binne sy VW Amarok na hulle asems snak teen die skuins helling.
Motor-gymkhana op Mosselbaai
17 October 2014

SUID-KAAP MOTOR NUUS - Die hele Mosselbaai was verlede naweek in rep en roer. Die Sportfees was aan, bazaars het plaasgevind en natuurlik die Hartenbos-buitelugfees op die terrein van die ATKV se amfiteater.

By die motor-gymkhana wat op Santosstrand se parkeerterrein aangebied is het die manne teen tyd tussen die kegels deur gejaag.

Verskeie motors het van sovêr as Kaapstad deelgeneem. Die bekende twee boeties van George, Julian en Juan van Rensburg en ma, Sandra van Rensburg, was hier ingeskryf.

Julian het met sy 1979 VW Scirocco deelgeneem, terwyl Juan pa Nico se haastige VW Golf gekry het vir deelname. Ma Sandra het met die Tiger Wheel & Tyre Ford Bantam ingeskryf.

Met die eerste poging van Juan met die swart Hankook Golfie, het hy die ewenaar gebreek. Ma Sandra het onmiddellik onttrek, en die bakkie vir Juan gegee vir deelname. Na die kinders se eerste poging het hulle die byeenkoms verlaat, want daar was ander verpligtinge.

By die Buitelugfees se terrein aangekom, was ek net betyds om te sien hoe Mosselbaai se kragman, Johan Behr 'n 36-ton trok, darem net sy kop, met sy tande sleep... Sy mond was baie seer na die ongeveer 20 meter.

Op die terrein was sommer heelwat 4x4 en kampuitstallings. Eden Woonwaens van George het die nuutste woonwaens en kamptoerusting vertoon. Van stoele tot braai toerusting soos Safari se braaipro-dukte.

Lekker fris 4x4 voertuie was ook vertoon. Infanta 4x4 Campers and trailers het `n besondere voertuig vertoon. 'n 1985 IFA vragmotor uit die oosblok lande sy oorsprong het, wat met 'n woonwabak toegerus is.

Dié bak kan binne minute afgehaal en geruil word vir 'n platbak-werkbak. Dis net die trok vir Afrika!

Van die motorhandelaars in Mosselbaai het ook hulle blink bakkies en SUV voertuie uitgestal. Tuinroete Woonwaens het die lugsak gedemonstreer wat jy onder die bakkie sit, jy druk die sak se pyp oor die bakkie se uitlaatpyp - en siedaar hulle pragtige Ford Ranger staan twee wiele in die lug.

Hulle het ook verskeie herwinnings-toerusting en woonwaens vertoon.

Die groot trekpleister was André de Villiers, oftewel Oom Hindernis, met sy goedtoegeruste Safari 4x4 Centre VW Amarok. Hy is gereeld op TV te sien met sy Safari 4x4 roetes. Hy het `n roete in een van die kampblokke uitgelê waar hy die senuwees van sy passasiers getoets het.

Hy vertel hy ry al 4x4 vandat hy veertien was. Dit was lekker om sy kennis te ervaar. Hy het ook van tyd tot tyd die publiek se vrae beantwoord in die Mosselbaai Volkswagen se uitstaltent.

Die groot tent het baie kuns en vermaak stalletjies ingehad. Die lekker fees is afgesluit eers met die WP se wen toe, die Bokke se wen op `n groot skerm, waarna Dillon Lerm, Joe F en Arno Jordaan die gegroet het.

Ons kan nie wag vir aanstaande jaar se fees nie.


Comments

categories